• Mode Productions 17

Ruben & Clarissa

Clarissa , stralend en reg om met Ruben te trou. Ruben , huilend en opgewonde om sy lewe aan sy geliefde te gee.


Hierdie prag paartjie het oor die drumpel getrap en hul lewens een gemaak op ‘n pragtige en sonnige dag. Van die eerste oomblik is die woord – geluk -opvallend. Die paartjie kan nie uitgepraat raak oor hul lewens avonture en geluk wat voorlê nie.


Toe ons by Makietie aankom , is die bruid effe op haar senuwees. Die dag het nie verloop soos beplan nie , maar nou kan sy net ontspan en dink aan TROU. Haar grimering sukkel-sukkel aan omdat sy eenvoudig net die heeltyd GLIMLAG. Wanneer ons haar vra om iets vir haar amper-man te sê vloei duisende woorde van liefde , Clarissa is reg.


By die bruidegom is die gemoed kalm. Hy is stilweg op sy senuwees en wonder hoe Clarissa voel. Hy maak gereed en stap meteens uit sy aantrekkamer om sy liefde aan haar te gaan bevestig.

Die dag is prettig. Die kinders speel. Die geliefdes vier die verbintenis wat op hierdie dag bevestig word.


Soos Clarissa in die loopgang afloop is dit warm trane wat oor Ruben se gesig vloei. Sy bruid, sprokies wit in ‘n prinses rok , met dieselfde stralende glimlag.

Die twee jongmense is getroud , en hul hartsbegeertes is vervul. Die rustige en warm aand gevul met genot en danspassies word terdeë deur almal geniet. Ons bid vir julle ‘n sprokies lewe – nes julle sprokies troue toe.


Deel saam met ons in hulle trou-film:

RUBEN EN CLARISSA TROUFILM

8 views