• Mode Productions 17

Leo & Jani

“Something borrowed and something blue.”


Hierdie eeu-oue gesegde , van elemente van ‘n troudag , was eenvoudig opvallend op Jani en Leo se perfekte hemelblou dag , 18 Mei 2019. 


Jani en Leo het ‘n sprokies-mooi sonskyn dag geleën , en tikkies blou in hulle versierings en afrondings het die dag pragtig saamgebind. Ons kry aan die begin van hul trou-film ‘n opsommende kykie na die elegante dag, en dan begin ons weer van voor , die bruid en bruidegom begin regmaak – met groot afwagting. 


Leo en sy gevolg staan in die skoonryke natuur , besig om aan te trek en die finale oomblikke van sy enkellopende lewe te vier. Die samesyn is warm en die manne is reg. Leo is gemaklik en duidelik opgewonde om met Jani te trou. Hy stel dit as “kinderlik opgewonde” en ons harte klop vir hierdie paartjie.


Janie kyk na haar elegante wit rok , stylvol , eenvoudig en beeldskoon. Haar gevolg lag en bewonder haar soos sy regmaak om met haar Leo te trou.


Soos sy by die kerk instap is dit lang , emosie belaaide trane wat oor Leo se wange rol. Mens voel die opgewekte en warm liefde wat uit hom straal. Hy omhels haar en die langverwagte oomblik het aangebreek. Hulle word een. Wanneer sy opkyk na haar lang , liefdevolle man is die geluk in haar oë opvallend. Die twee se blou oë kyk diep na mekaar , hulle kén mekaar. Die ikoniese soen voor die kerk se deure , met sy hand in haar nek bestempel pragtig en hardop dat hierdie twee sopas getrou het. 


Die tafels is gedek , lang ligblou kerse , die blou-ikoniese-borde , die pragtige Zorgvliet reg om die gaste te onthaal. Die gaste dans die aand deur , spreek warm woorde van seën oor die paartjie uit en fees word gevier.


Soos ons hulle trou film kyk , sien ons die pragtige Stellenbosch berge wat die een-in-sy-soort troudag omsingel. Die “something blue” het hulle dag so pragtig afgerond , en die finomenale hemel-geleënde sonskyn dag , 18 Mei , het die spesiale huweliksbevestiging eenvoudig perfek gemaak. 


Deel saam met ons in hulle beeldskone troudag : LEO & JANI TROUFILM

Mag julle lewe saam so spesiaal wees soos elke een van hierdie prag oomblikke.

6 views