• Mode Productions 17

Francois & Angie

‘n Feesviering, is wat hierdie pragtige blinke dag vir Angie en Francois was, toe hulle by Hoogeind Manor in Somerset Wes, hulle lewens aan mekaar beloof het.


Die senuwees by die bruid is duidelik, sy wag in spanning om nou uiteindelik met haar verloofde te trou. Terwyl Francois rustig is, en reg is vir die dag om te begin. Soos die paartjie regmaak vir die dag, tel hulle die minute af.


Die pragtige roosbedding ingang, die ou Victoriaanse gebou en die lig pienk, donker oranje hang-ligte, die sagte blomme en smul-lekker kos, alles en almal is reg om hierdie nuwe klein gesin te vier.

Soos Angie in die intieme kerk-spasie inloop kan Francois sy oë nie van haar afhou nie. Mens kan die geluk in die lug voel. Angie lyk beeldskoon, Francois se gesig beduie dit duidelik.


Soos die paartjie trou, kan jy sien hoe hulle ontspan en die werklikheid begin inskop. Die familie wens hulle geluk met hope vol konfettie en drukkies oralom! Die Stassens is nou een!


Vinnig vinnig neem hulle ‘n paar pragtige foto’s in die mooie tuine. Francois soen sy vrou, glimlag vir die kamera en is opgewonde oor die fees wat gevier gaan word.


Die paartjie dans die aand weg saam met al hulle geliefdes. Die 5 gang maaltyd, koffie en roomys stalletjies en die saal is van die hoogste gehalte. Almal word bederf, almal is gelukkig. Die vonkel-stokkies word aangesteek en die fees is vollop.


Mag elke dag in julle huwelik so absoluut pragtig en feestelik soos julle troue wees.

Deel hier in hulle pragtige troufilm met ons op ons Facebook-blad.




0 views0 comments

Recent Posts

See All