• Mode Productions 17

Eugene & Joané

Die sagte, reën bedekte agtergrond, op 'n geseënde dag, beklemtoon die prag van hierdie paartjie. Joané en Eugene, laat enige paartjie smag na so 'n troue en so 'n liefde. Die een-van-'n-soort beeldskone bruid, trek in vrolike samesyn saam met haar gevolg aan, sy is opgewonde om haar man te sien en 'n huis saam met hom te bou. Eugene en sy gevolg is in 'n rustige en opwindende stemming, reg om hierdie dag te geniet.


Joané se noupassende rok, uitgeknip vir haar, voltooi die prentjie van 'n pragbruid. Hulle twee ringe lê teenaan mekaar, reg om 'n huwelik te seël. Eugene kyk uit oor die water, hy is reg. Hy stap na die kerk toe, sy lewe gaan nóú begin, saam met haar.

Die seremonie is gevul met die mooiste woorde. Eugene se opregte trane toe hy haar sien, beklemtoon sy ware liefde vir haar. Die twee soen vir die eerste keer. Hulle is nou getroud. Hulle is nou EEN.


In helder-kleur ligte dans die paartjie, werklik asof in 'n fliek. 'n Oomblik in tyd word vasgevang soos hulle dans, as getroudes. Die aand is vol genot en geluk; Joané en Eugene, die pragpaar vier fees saam met hulle geliefdes.

Ons sal altyd hierdie reën-geseëlde, pragtige dag onthou.

0 views0 comments

Recent Posts

See All