• Mode Productions 17

Duan & Nadia

Baie mense glo nie meer in ware liefde nie. Maar, wanneer mens na Duan en Nadia kyk, glo mens soos ‘n kind! Duan praat oor haar en met haar asof sy ‘n stukkie hemel in haar dra. En haar woorde “jy's die onbekendheid van ‘n nuwe boek en die bekendheid van ‘n familie resep” eggo haar diep respek, waardering en LIEFDE teenoor haar man.


Wanneer twee mense mekaar so opreg liefhet, is die outentieke lag, briewe lees en opwinding tasbaar. Duan en sy naaste vriende maak gereed en praat met diep dankbaarheid oor wat hierdie verhouding vir hom beteken. By Nadia is dit vrolik, haar bruidsmeisies bewonder haar natuurlike skoonheid.


En toe… sien… Duan… vir… Nadia. Binne in ‘n woud, bekleë met ‘n ligte briesie en ‘n warm atmosfeer van liefde, stroom die trane oor die jongman se wange. Miskien kan liefde tog wees soos dit bedoel was om te wees, diep en opbouend.


Die twee verliefdes trou, onder die hang van ‘n duisend bome. Soos hulle praise-and-worship sien mens ‘n egte band tussen hulle en hul skepper. Duan loer-loer vir Nadia, hy kan sy oë nie glo nie.

Die toesprake was omvou met emosie en hartswense wat oor die paartjie uitgespreek word. Dit wat mense oor hulle tesê het, bewys die ryke karakters van die twee individue asook hulle sterk identiteit as een.


Nadia en Duan dans die aand om saam met hulle geliefdes en in elke oomblik is hulle gefokus op mekaar. Daar heers vreugde en genot deur die aand-ure.


As ons terugdink sien ons Duan en Nadia in ‘n woud wat ‘n sprokiesverhaal weer tasbaar maak. Mag julle nog baie ander deur julle menswese en julle verhouding aanraak.

4 views0 comments

Recent Posts

See All