• Mode Productions 17

Janno & Amoré




Sonstrale. Lig. Liefde. Janno en Amoré se vroeg-2019 troue het een van die beeldskoonste metafore van lig uitgeleef. Soos julle die trou-film kyk , let net op hoe die lig suutjies elke mooi oomblik omlyn en hoe dit uit hulle en die dag straal.


Toe ons by Amoré aankom vroeg die oggend , gloei sy soos ‘n Mej. Suid-Afrika model in die grimerings-lig , met haar bruidsmeisies wat haar in stille-bewondering aankyk. Amoré maak reg om vandag te trou – sy is opgewonde oor hoe mooi sy lyk en haar warm persoonlikheid borrel die kamer vol. Tussen die foto en videografie span is die aanttrekkamer woelig en lekker!


Toe ons vir Janno ontmoet en 5 minute saam met die grapmakende vrolike strooijonkers spandeer , weet ons dat die dag een vol pret gaan wees. Janno neem sy foto’s , hy sê met liefde iets vir sy aanstaande vrou wat ons kan opneem , en Janno wil NOU TROU!


Die lig weerkaats op die water. Die dag blink. Amoré stap in die kerk in en Janno se lyftaal is ontspanne , gelukkig. Soos hulle trou kan ons nie uitmaak of die warm lig deur die oop glas-muur van die kerk , of deur die harte van die paartjie skyn nie. Sy hou styf aan hom vas. Dit is blare-konfetti tyd , en ‘n lewe vol lig lê vir hulle voor.


By die foto’s lag Amoré uit haar maag vir haar nuwe man , en elke nou-en-dan wanneer hulle diep in mekaar se oë kyk , kry ons ‘n stille suutjiese glimlag uit Janno uit. Hy is tevrede – die pragtige Amoré is nou syne.


Die verrigtinge is gesellig en die saal is met ‘n duisend rose versier. Elegant en pragtig. Almal stel heildronke in , en die manne gee omtrent vir Janno gas wanneer hy sy toespraak lewer. Die aand kry lewe en kleur.


Wanneer die paartjie dans sien ons die laaste stukkie lig van die aand – soos hulle vir mekaar kyk , lag en liefde tentoonstel.


Hul trou film eindig waar die son tussen hulle deurskyn , ‘n pragtige helder-omlynde dag. Mag hulle lewe so vol lig soos hulle troudag wees.


Geniet hulle trou-film saam met ons.

JANNO&AMORE FILM

10 views